DIE DRYFMIDDEL AGTER RATELTAAI SKIETSAKKE

Agter die SSG handelsmerk blaas ‘n vuurwarm vlam van passie vir dit wat gebeur nadat ons verbruikers ons produkte gepak, en in die bakkie gelaai het.

Dit is nie die CMT (cut manufacture trim)  vervaardigings proses, die nuutste naai masjiene, of groothandel besigheidskonsepte wat ons aanspoor om ywerig aan te hou met wat ons die laaste 11 jaar doen nie. Dis die reuk van kruit wat brand, die pyle wat vlieg, die harmonie van die natuur, die kampvuur stories, spoorvat, vriendskappe en al die ander dinge wat met jag en sport skiet gepaard gaan.

Daarom bou ons skietsakke. Ons fokus op dit waarin ons belangstelling het en ek glo dit is ‘n kern vereiste om passievol te kan wees in dit waartoe jy jou beywer. Marknavorsing stel groter markte bloot waarin meer potensiaal le, maar dit was nog nooit vir my ‘n trekpleister nie. Dit pas nie in SSG Cases se visie om bekend te staan as ‘n, Jakkals van alle ambagte en meester van geen, nie.

×

Hello! Click on our representative below to chat on WhatsApp.

×