Dis ‘n nuwe jaar en hoogtyd vir ‘n nuwe geweersak!

Wanneer ek na die datum kyk, en ek sien 2023, voel dit of ons almal karakters in ‘n wetenskap fiskie rolprent kan wees. Die nuutste ontwerpe in vuurwapens en teleskope beaam hierdie gevoel.

Met meer knoppe en verstellings as wat ek vingers het, is dit duidelik dat die ontwikkeling in skietsport op ‘n weghol trand is en die gepaardgaande toerusting verander jaarliks om daarby aan te pas. Aan die ander kant bou stygende kostes ook momentum op en is die ou lap sak, waarin jou ou karaktervolle .303 tuis was, nie meer so geskik vir jou nuutste roer nie.

Daar is nie ‘n beter tyd as NOU om op te gradeer na ‘n sak-pas, rateltaai SSG skietsak nie. Ons stewige ontwerp strukture sal vir jou van die eerste aanraak slag die gemoedsrus gee om jou roer daarin te vervoer. Boonop is daar opsies met genoeg plek om al jou ammunisie en toebehore gemaklik in een sak of tas te vervoer.

Tog bly die noodsaaklikheid vir ‘n eenvoudige, praktiese houer om alles in te vervoer so belangrik.

– TG Greeff

×

Hello! Click on our representative below to chat on WhatsApp.

×