SSG vier 10 Jaar van Rateltaai Skietsakke!

2022 merk die 10de bestaans jaar van die SSG handelsmerk wat vandag so bekend onder jag en skiet entoesiaste is. Ons herkoms le diep gewortel in Suid Afrika, waar ons met trots vandag ons wereld klas produkte ontwerp, vervaardig en toets. Die geharde ‘RATELTAAI’ identiteit van SSG moet verseker hieruit voortspruit, daar word nie verniet gesê “Afrika is nie vir sissies nie.” 

As ek terug kyk na die ontwikkeling van SSG Cases oor die afgelope dekade is dit oorweldigend om vandag steeds ons bestaan te kan vier. Soveel verhoudinge moes gesmee word in ons klein, tog kompekse skietgemeenskap om ons handelsmerk en produkte te bou tot dít wat vandag aan julle bekend is. Oor die jare moes ons soms bontstaan om by te bly met die alom veranderende skiet bedryf en om ons verhoudinge met almal gesond te hou. Om nie eers te praat van die ekonomiese en politieke struikelblokke waaroor, of, waardeur ons soms moes beur nie.

Na so terugblik op die verlede maak die toekoms my altyd opgewonde.  Die geleenthede en planne le soos ‘n vars geploegde land na die eerste somer reen, vol hoop en potensiaal voor. In ons fabriek borrel dit van energie in ons bestaande produksielyne en die idees vir nuwe ontwikkeling hou nimmer op. Van die sny prosses tot inspeksie, werk die SSG span ywerig met die doel voor oë om die beste geweersakke-en-tasse te vervaardig.

Ons 10de bestaansjaar sal ook altyd bekend staan as die jaar wat ons fabriek uit sy nate begin bars het. Om meer werkspasie te skep moes die huidige kantoor uit die fabriek uit skuif. Die SSG bestuurspan het onlangs onsself in ‘n splinternuwe kantoor gevestig waar die bestuursake, admin, bemarking ens deeglik hanteer kan word. Hier kan kliënte ook ‘n heerlike koffie of ‘n koue verversing geniet terwyl toekomstige besigheids beplanning gedoen word.

SSG se 10de bestaansjaar is voorwaar vir ons ‘n groot mylpaal en ons is oorgehaal om oor die volgende 10 jaar voort te bou op ons verlede om seker te maak dat ons die nommer een keuse is wanneer dit by die beskerming van jou roer kom.

Dankie vir 10 jaar se getroue ondersteuning!

Gerhard Greeff

Direkteur

×

Hello! Click on our representative below to chat on WhatsApp.

×