SSG CASES SE SPLINTERNUWE KOELSAK

Die SSG handelsmerk is al vir baie jare bekend onder geweer–liefhebbers vir hoe kwaliteit rateltaai geweersakke. Hierdie somer beloof egter snikheet temperature en daarom het ons dit goed gedink om iets bekend te stel wat dinge so bietjie meer verdraagsaam sal maak.

Die SSG 25l ekspedisie koelsak is die perfekte geskenk om almal se lewens op te kikker. Dit laat jou man, voor sy skoonma, opreg glimlag by ‘n familie braai, dit hou jou vrou se gemoed koel, selfs al is die omstandighede warm, dit laat jou kinders soos boesem vriende oor die weg kom wanneer die reis net te lank word. Al hierdie rare verskynsels, en nog vele meer is moontlik mits jy genoeg van die regte drinkgoed in hierdie koelhouer pak en ys daaroor gooi.

Daar is genoeg pak plek in hierdie kompakte 25l koelsak om die hele gesin se lafenissies koud te hou, boonop met talle voordele by. Dit Vervoer baie gerieflik, beskadig nie die binneruim van jou voertuig nie, dit is lig en berg maklik, lek nie ‘n druppel nie en hou ys vir ure.

Verander enige reis in ‘n onvergeetlike avontuur met ‘n SSG ekspedisie koelsak.

Beskikbaar by toonaangewende vuurwapen en buitelewe handelaars.

×

Hello! Click on our representative below to chat on WhatsApp.

×